Wegtydskrif
@WegtydskrifDeel in die Weg-ervaring! Lees oor interessante plekke en mense, kyk foto’s, kry resepte én wen gawe pryse. Jou reis begin hier…
Similar User
@Weg_Ry_en_Sleep
@gomagSA
@SARIETydskrif
@ATKVSA
@Amorersg
@mylitnet
@rooi_rose
@KKNKfees
@Netwerk24
@HermanusTourism
@volksbladnuus
@MonSpek1
@Yolandi_Muller
@REIM_SA
@MartelizeBrink
[GRATIS] As hy vasgekeer is, sal ’n veldlikkewaan nie huiwer om homself te beskerm nie. Die eerste stap is om te intimideer deur die keel op te blaas. Daarna sal Ta sy stert inspan. Lees meer: brnw.ch/21wOIqW 🦎
Uit Weg Ry & Sleep: Die drie elemente van ’n suksesvolle toer is om ’n goeie roeteplan te hê, ’n avontuur te beleef en baie herinneringe terug te bring. Sommige mense verwar egter ’n toer met ’n vakansie, sê Pieter Hoepfner. Hy vertel: brnw.ch/21wOI5Q 😬
[GRATIS] Uit die argief: Baie mense is grootmond oor hoe hulle eendag alles gaan verkoop en die langpad vat. Louis en Kareen Broodryk het die daad by die woord gevoeg. Die reis het sy uitdagings, veral omdat Louis ’n rolstoelgebruiker is. Lees meer: brnw.ch/21wOHqW 💪
Het jy ’n goeie reis- of wildlewefoto iewers op ’n geheuestokkie? Stuur dit na Toast Coetzer by menseselense@weg.co.za en ons plaas dit dalk in een van dié artikels! Klik hier om van dié mooi kiekies te sien: brnw.ch/21wOH1G 📸🤸♂️
Dié plaatkoekies is in ’n japtrap klaar, en dis heerlik met gerookte ham en ’n gebakte eier; net die ding as jy lus is vir ’n lekker stewige ontbyt. Kry die resep hier: brnw.ch/21wOGBb 😋🍽️
[GRATIS] Uit die argief: Eens op ’n tyd was alles nie pluis in Toast Coetzer se stadswoonstel nie. Saans het daar dinge in die koskas geritsel... Hy vertel: brnw.ch/21wOFKJ 😱
[GRATIS] Stywe papvierkante word ’n heerlike braaibykos of ontbyt as jy dit in ’n pan braai en met ’n speksmoor voorsit. Klik hier vir die resep: brnw.ch/21wOEYp 😋🍽️
Die leser Pieter Viljoen en sy seun, ook Pieter, was in die Kruger, ’n ent ver op die S65 toe iets skielik uit die bosse reg voor hulle kar verbybeweeg. Hy vertel wat volgende gebeur het: brnw.ch/21wOEqB 🐆📸
[GRATIS] Uit die argief: Het jy al in een van Teniqua Treetops se boomhuise gebly? Dié blyplekke is trots ekovriendelik: Jy drink rëenwater en was met rivierwater en die enigste grassnyers is die perde. Lees meer: brnw.ch/21wODsn 🌳🌳
Chommie se Mother City-reeks is die perfekte verskoning om nou reeds vir jou vierpotige vriend ’n Kersgeskenk uit te soek! Hulle maak bykomstighede vir honde (en deesdae ook vir katte), insluitend halsbande, leibande, beddens en reismatte. Lees meer: brnw.ch/21wOCK0 🎁🐶
’n Naweekkuier op Clarens is gans te kort. Hier’s restaurante te kus en te keur, kunswinkels, kajak-uitstappies (saam met Buks!), dinosourusspore én dan vertel die berge nog stories ook... Lees meer: brnw.ch/21wOCfL ⛰️🚶♂️
[GRATIS] Uit die argief: Brasilië is enorm. Kom ry saam met Hanlie en Vivian Gericke deur die grootste vleiland ter wêreld: die Pantanal. Hulle reis begin by die Iguazú-waterval in die suide tot by die stad Belém aan die oewer van die Amasonerivier: brnw.ch/21wOBtI 🌎🐆🌊
[GRATIS] The Old Potter’s Inn staan in die skadu van die eikehoutbome in Greyton se hoofstraat. Daar bestaan nie rekords om te staaf hoe oud die erfenisgebou is nie. Dit was glo ’n skaapwagtershuisie wat iewers in die 1830’s gebou is. Lees meer: brnw.ch/21wOAPb 🏘️
Uit Weg Ry & Sleep: Knoffelmayonnaise – of, soos die Franse sê, aioli – is heerlik op enigiets van slaptjips tot burgers. Dié weergawe met geroosterde soetrissie is besonder lekker in aartappelslaai: brnw.ch/21wOAm0 😋🍽️🥔
[GRATIS] Uit die argief: Tydens sy jare in die TV-bedryf het hy baie avonture beleef, maar die een wat hom seker die langste sal bybly, is die tien dae wat hy in 2010 in die Sentraal-Afrikaanse Republiek deurgebring het, skryf Jaco Botha. Hy vertel: brnw.ch/21wOzBT 👀
[GRATIS] Sit dié watertandgesinsete voor met ’n bak groenslaai en ’n lekker brood. Die hele gesin sal gelukkig wees! Kry die resep hier: brnw.ch/21wOyYL 😋🧀
Wil jy graag op die sand staan en met ’n galjoen stoei? Enigeen wat al van ’n strand af lyn gegooi het, weet kushengel verg baie meer as net geduld. Laat die meesterhengelaar Wikus van der Merwe jou touwys, of altans lynwys, maak: brnw.ch/21wOyyv 🎣
[GRATIS] Uit die argief: Behalwe daardie vloekskote wat ’n mens elke nou en dan sommerso uit die heup uit afneem, verdien elke goeie natuurfoto ’n bietjie beplanning. Villiers Steyn kyk na verskillende horisonsplasings en wanneer elk van toepassing is: brnw.ch/21wOxWk 📸
Weg se rubriekskrywer en voëlghoeroe Faansie Peacock het ’n slimfoon-app genaamd Firefinch bekend gestel. Dis propvol inligting vir gesoute voëlkykers sowel as kuikens. Lees meer hier: brnw.ch/21wOxk3 🐦📱
Uit Weg Ry & Sleep: Die Dinokeng-Groot Vyf-reservaat bly ’n gunsteling vir naweek- en vakansiewegbrekers, maar net buite die reservaat se grense lê ’n pragtige omgewing wat wag om verken te word. Kom verken saam: brnw.ch/21wOwS5 🦓
United States Trends
- 1. McDonald 52,5 B posts
- 2. #AskFFT N/A
- 3. Mike Johnson 56,4 B posts
- 4. #RollWithUs N/A
- 5. Good Sunday 72,2 B posts
- 6. #sundayvibes 8.624 posts
- 7. Go Bills N/A
- 8. Big Mac 5.285 posts
- 9. #AskZB N/A
- 10. Coke 34,5 B posts
- 11. Tillman 2.001 posts
- 12. Happy Founders N/A
- 13. Sunday Funday 5.227 posts
- 14. NFL Sunday 5.788 posts
- 15. #ATEEZ_1stDAESANG 12,9 B posts
- 16. Founders Day 1.234 posts
- 17. CONGRATULATIONS ATEEZ 1.194 posts
- 18. Jon Jones 305 B posts
- 19. Mickey D N/A
- 20. Full PPR N/A
Who to follow
-
Weg Ry & Sleep
@Weg_Ry_en_Sleep -
go! magazine
@gomagSA -
SARIE Tydskrif
@SARIETydskrif -
ATKV
@ATKVSA -
Amore Bekker
@Amorersg -
LitNet
@mylitnet -
rooi rose
@rooi_rose -
KKNK
@KKNKfees -
Netwerk24
@Netwerk24 -
Hermanus Tourism
@HermanusTourism -
Volksblad
@volksbladnuus -
RSG Aktueel
@MonSpek1 -
YOLANDI MULLER
@Yolandi_Muller -
RealEstateInvestorZA
@REIM_SA -
Martelize Brink
@MartelizeBrink
Something went wrong.
Something went wrong.